
=====================================================================
Radio sonder grense vandag (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Radio sonder grense vandag

Om allerlei redes het televisie by baie mense nog nie die plek van die radio ingeneem nie. Anton Prinsloo   skets die nuwe gewildheid van 
die Afrikaanse radiosender.

RADIOSONDERGRENSE bevind hom tans in een van die opwindendste tydvakke van sy bestaan. Die luistersyfers van die diens styg vir die eerste 
keer in 'n lang tyd, wat tekenend is van 'n nuwe belangstelling in die Afrikaanse radio.

Die nuwe toeganklikheid van radio waardeur die luisteraar deel van die uitsaaier word, die minder formele benadering van programinhoud en 
minder Afrikaans op televisie is waarskynlik die drie belangrikste redes waarom ou luisteraars weer, by wyse van spreke, hulle ore na RSG 
neig.

Hiermee saam word vindingryke planne by die diens beraam om die alomteenwoordige spook van gebrekkige fondse te verdryf.

Die jongste navorsing toon dat meer as 800 000 mense daagliks by RSG inskakel, en meer as 'n miljoen rens gedurende die week. Van die 
gewildste programme is Monitor en Spektrum (aktualiteit),S Wie? (meningswisseling oor meesal kontensieuse onderwerpe),Klassieke keuse 
(versoekprogram) en Sondagsista (luisteraarsboodskappe direk oor die lug).

Die nuwe baadjie waarin RSG se programme geklee is, het nie die gewilde programme van voorverlede jaar laat verdwyn nie: ou gunstelinge 
soos U eie keuse, Wat s die reg? en Wat s die dokter? word nog steeds uitgesaai, laasgenoemde twee as 'n inligtingsdiens aan luisteraars.

Ook godsdiens, dekades lank nou al talle luisteraars se enigste toegang tot wyding, het behoue gebly in eredienste, oggend- en 
aandoordenkings en ander nuusprogramme met 'n godsdienstige tema. Vir die eerste keer word daar ook nou voorsiening gemaak vir 'n brer 
spektrum gelowe wat die heterogene aard van die luisterkorps weerspiel, byvoorbeeld programme vir Moslems.

Miskien is RSG se onderskeidendste kenmerk die feit dat dit tans die enigste diens is wat landswyd 24 uur per dag in Afrikaans uitsaai -- 
'n uitvloeisel van hoe belangrik die Afrikaanse taal en kultuur steeds in die diens geag word. Maar dis nie die stywe Afrikaans van 
voorheen nie: enige variteit van Afrikaans is welkom oor die senders van RSG. Informaliteit beteken egter nie bandeloosheid nie: waar daar 
plek is vir alle tongvalle van Afrikaans, is daar natuurlik ook 'n plek vir alle tongvalle van Afrikaans. S word sorg gedra dat formele 
uitsendings soos die nuus en weervoorspelling in 'n taal aangebied word wat deur die meerderheid Afrikaanssprekendes in die land verstaan 
kan word -- sonder onbekende (of ongewilde!) streek-, groeps- of slenguitdrukkings wat kommunikasie in die wiele kan ry.

In informele programme soos dramas, dokumentre en inbelkompetisies word daagliks omgangsafrikaans gehoor, wat 'n vriendelikheid en 
toeganklikheid verleen. Hier speel die laatmiddagprogram Tjailatyd ook 'n rol: saam met musiek vir die huistoemotoris is daar pitkos oor 
verdienstelike gemeenskapsprojekte en kans om 'n mening te lug of meer inligting te kry. Gemeenskapsprojekte, wat dikwels tot 'n sekere 
gebied van die land beperk is, word afsonderlik in die onderskeie streekuitsendings onder luisteraars se aandag gebring.

Nie net saai RSG in Afrikaans uit nie, maar ook oor Afrikaans. 'n Tradisie van die vroere Afrikaanse dienste dat die Afrikaanse taal in 
programme bevorder word, word steeds voortgesit in programme soos Die tale wat ons praat, Skrywers en boeke en Versalbum.

In Die tale wat ons praat word die taal as taal bespreek -- verskillende registers kom onder die kollig, van 'n kleurryke streektaal soos 
Namakwalands tot by groeptale (bv. die geheimenisse van die Afrikaanse vakterme); van die skertstaal van byname en tuistaal tot die 
ernstige taalsaak van spelling en los- en vasskryf in Afrikaans.

In Skrywers en boeke word weekliks kraakvars beskouings oor nuwe Afrikaanse boeke (prosa en posie) deur kundige literatore aangebied, en 
in Versalbum bekoor verse uit die skat van ons Afrikaanse posie luisteraars elke Sondagaand. Twee eg Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse) 
vervolgverhale word elke weeksmiddag uitgesaai, en daagliks word uit 'n nuwe Afrikaanse boek voorgelees.

Twee van die wedstrydprogramme word ook uitsluitlik aan aspekte van Afrikaans gewy, nl. Tel jou woorde en Wagwoorde. Eersgenoemde is 'n 
vasvraprogram oor die herkoms van Afrikaanse woorde waaraan vier van die land se voorste taalkundiges deelneem. Wagwoorde, 'n inbelprogram 
waarin luisteraars die ontbrekende woord uit 'n Afrikaanse idioom of uitdrukking moet raai, bly een van die gewildste aandprogramme.

Ook op die gebied van sport staan RSG op die voorpunt van uitsendings waarin Afrikaans baanbrekerswerk moet verrig. Daar is geen sport wat 
nie in Afrikaans uitgesaai kan word nie. Dit is in die verlede bewys toe die indertydse "vreemde" sportsoorte soos gholf en krieket binne 
'n ommesientjie met treffende Afrikaanse terme oor die lug uitgedra is.

RSG het onlangs ook die braakland van Afrikaanse sokkeruitsendings betree -- veral omdat soveel van ons luisteraars liefhebbers van di 
sportsoort is, en die sukses van die nasionale Bafana-bafana menige niegeesdriftige begeester het. Terme is geskep wat vinnig ingang by die 
luisteraars gevind het vanwe hul deursigtigheid en gepastheid.

Een van die aangename verrassings van RSG se eerste jaar was die geesdrif waarmee die "naguile" die deurnaguitsendings ontvang het. 
Ongeveer 120 000 pare ore sit snags n middernag gereed om deel te neem aan enige gesprek wat aan bod kom -- en ook om na heruitsendings 
van die vervolgverhale te luister.

En van die klein uurtjies van die nag na die klein oortjies van die dag: vroegaand word daar vir die maats 'n Afrikaanse storietjie 
voorgelees -- 'n dekade lange tradisie. Radiosondergrense is aan die groei, en daar is groot entoesiasme dat nuwe bemarkingstrategie 
(waaronder 'n beoogde luisteraarsklub) die geldwolf van die deur sal hou. Dit gaan immers nie net om oorlewing van RSG as openbare diens 
nie, dit gaan ook oor 'n groter saak: die voortbestaan van nog 'n stem wat uitsluitlik Afrikaans praat.

Anton Prinsloo   is taaladviseur/spesialis-omroeper by die SABC.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5125.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

